Wat ‘n wonderlike pad on te stap
Wat ‘n wonderlike pad om te stap. Daardie oproep dat jul dogtertjie binne paar uur in die lewe gebring gaan word. Oppad Tzaneen toe kon ek nie my oë glo nie, ons gaan uiteindelik ouers word. Ek onthou dit nog soos gister toe ek daardie lang hospitaal gang afstap, voel so vêr. Daar lê sy, rustig en wag vir ons. Sy is so mooi, die pragtigste engeltjie. Ek hou haar dadelik vas en vat haar kamer toe. Ons kon nie ons oë van haar af hou nie.
Ons het dadelik “gebond”. Ons is so dankbaar vir biologiese mamma , die pad wat ons saam jou gestap het was fantasties gewees. Ons is so lief vir jou, jy het ons die mooiste geskenk gegee en ons pas haar so mooi op. Ons bid nog altyd vir jou en sal altyd.
Ons ervaring met Dr. Kruger en Adoption4ever, veral Beatrice was wonderlik gewees. Julle het ons so bygestaan en vir biologiese mamma. Hulle het als so goed hanteer en als was so positief. Ons sal julle almal ewig dankbaar wees.
God seen julle
~Anonymous
